Jakobus 3:14-16

Jakobus 3:14-16 ABA

Maar as julle baie jaloers is en as julle altyd alles vir julleself wil hê, dan moet julle nie spog en sê dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Daardie wysheid kom nie van God nie. Dit is die wysheid van mense wat net oor die dinge van hierdie wêreld dink, dit is nie geestelik nie, dit kom van die duiwel. Want wanneer mense jaloers is en altyd alles vir hulleself wil hê, dan maak hulle probleme en hulle doen al die slegte dinge.