Jesaja 58:6-7

Jesaja 58:6-7 ABA

Maar as julle wil vas soos Ek wil hê, dan moet julle die mense vrymaak wat gevangenes en slawe is maar wat niks verkeerd gedoen het nie. Julle moet die toue breek wat hulle vashou en julle moet die jukke afhaal van hulle nekke. Julle moet vir honger mense van julle kos gee en julle moet mense wat hulleself nie kan help nie en wat nie huise het nie, inbring in julle huise. Julle moet klere gee vir mense wat nie klere het nie. En julle moenie maak of julle nie sien dat dit julle eie mense is nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid