Jesaja 53:10-12

Jesaja 53:10-12 ABA

Die Here het besluit dat die dienaar moet seerkry en siek word. Die Here het gesê hy is 'n skuld-offer. Daarom sal hy lank lewe en 'n nageslag hê. Die Here sal sy dienaar gebruik om te doen wat die Here wil doen.” Die Here sê: “My dienaar het baie swaar gekry, maar hy sal lewe en tevrede wees dat hy My ken. My dienaar is nie skuldig nie, hy is regverdig, en hy sal belangrike mense regverdig maak, want hy sal die straf kry vir alles wat hulle verkeerd gedoen het. Daarom sal Ek vir hom 'n plek gee by die belangrike mense. Hy sal saam met die leiers besluit hoeveel goed elkeen moet kry ná die oorlog. Ek sal dit doen omdat hy tevrede was om te sterf toe almal gedink het dat hy een van die opstandige mense is. Hy het die straf gekry vir die sonde van die belangrike mense, en hy het gebid vir die mense wat opstandig was.”

Video for Jesaja 53:10-12