Jesaja 51:12-16

Jesaja 51:12-16 ABA

Die Here sê: “Dit is Ek wat dit weer goed sal laat gaan met julle. Hoekom is julle bang vir mense wat kan sterf? Hoekom is julle bang vir mense wat soos gras is en gou doodgaan? Julle het My vergeet, Ek is die Here wat julle gemaak het. Ek het die hemeldak gemaak en Ek het die aarde op sy plek gesit. Nou hou julle aan om te bewe vir die mense wat kwaad is vir julle, die mense wat vir julle verdruk en wat vir julle wil doodmaak. Maar waar is daardie mense nou, die mense wat kwaad was en wat vir julle verdruk het? Hulle verdruk julle nie meer nie. Wanneer iemand 'n gevangene is, dan is hy haastig om vry te word. Hy wil nie sterf en afgaan na die doderyk nie, hy wil nie altyd honger wees nie. Ek is julle God die Here wat die water in die see roer sodat die branders wild word. My Naam is die Here wat oor alles regeer. Ek het my woorde in jou mond gesit en Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand. Ek het die hemeldak gemaak en Ek het die aarde op sy plek gesit. Ek het vir die mense van Sion gesê: Julle is my volk.”