Jesaja 41:8-13

Jesaja 41:8-13 ABA

En Ek sê vir julle: “My dienaars, mense van Israel, nageslag van Jakob wat Ek gekies het, nageslag van my vriend Abraham: Ek het Abraham uit 'n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’ Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand. Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf. Die mense wat oorlog maak teen julle, sal word soos niks, julle sal hulle soek en julle sal hulle nie kry nie. Ja, Ek, julle God die Here, Ek maak julle sterk, Ek sê vir julle: Moenie bang wees nie, Ek help julle.