Christus het gesterf om mense vry te maak, God het hulle nie gestraf oor die dinge wat hulle verkeerd gedoen het in die tyd van die ou verbond nie. Daarom is Hy die Middelaar van die nuwe verbond. God het mense gekies, en Christus het die nuwe verbond gebring sodat daardie mense vir altyd alles kan kry wat Hy vir hulle belowe het. Wanneer 'n persoon 'n testament gemaak het, dan moet die mense wat sy goed erf, eers wag tot daardie persoon dood is, want mense kan eers doen wat die testament sê wanneer die persoon wat dit gemaak het, dood is. 'n Testament beteken niks wanneer die persoon wat dit gemaak het, nog lewe nie. Daarom, toe God die eerste verbond met die volk gemaak het, was daar ook bloed. Want nadat Moses vir die volk vertel het van al die reëls van die wette, het hy die bloed van kalwers en bokke saam met water geneem. Hy het hisop-takkies vasgemaak met rooi wol en hy het bloed en water gespat op die boek van die wette en op die hele volk, en hy het gesê: “ Dit is die bloed wat wys dat God 'n verbond gemaak het met julle. God het gesê julle moet doen wat die verbond vir julle sê.” Moses het ook so bloed gespat op die tempel-tent en op al die dinge waarmee die priesters hulle werk gedoen het. Ja, die wette sê dat die priesters amper alles moet reinig met bloed. God vergewe nie sonde as daar nie bloed vloei nie.
Lees Hebreërs 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 9:15-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's