Hebreërs 5:1-3

Hebreërs 5:1-3 ABA

Wanneer God mense kies en aanstel om hoëpriesters te wees, dan is dit altyd húlle wat God se werk moet doen. Hulle moet dan presente en offers bring omdat mense sondes doen. So 'n hoëpriester kan geduldig wees met die mense wat verkeerde dinge doen omdat hulle nie geweet het dat dit verkeerd is nie. Die hoëpriester doen dit omdat hy self ook 'n swak mens is. Daarom moet die hoëpriester ook vir sy eie sondes offers bring, soos hy vir die volk se sondes offers bring.