Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir 'n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense. God het alles gemaak, en alles is daar om Hom te eer, Hy wou baie mense na Hom, die Koning, bring. Daarom moes Hy vir Jesus baie swaar laat kry en Hy moes vir Jesus laat sterf. Jesus moes sy werk heeltemal klaar doen en Hy moes die Leier word wat mense red. Ja, Jesus wy mense om aan Hom te behoort, en die mense wat Hy wy, het almal dieselfde Vader. Daarom is Jesus nie skaam om hulle broer te wees nie. Want Jesus sê: Ek sal vir my vriende vertel wat U gedoen het, Ek sal U prys daar waar hulle bymekaar is. En Jesus sê ook
Lees Hebreërs 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 2:9-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's