Hebreërs 2:14-18

Hebreërs 2:14-18 ABA

Hierdie kinders was regte mense, en daarom het Jesus ook 'n regte mens geword, soos hulle. Jesus was 'n mens sodat Hy kon sterf en so kon Hy die krag heeltemal wegvat van die een wat sterker is as die dood, dit is die duiwel. Jesus het 'n mens geword sodat Hy al die mense vry kon maak wat hulle hele lewe lank soos slawe was omdat hulle bang was om te sterf. Want dit is seker: Jesus is nie bekommerd oor die engele nie, Hy is bekommerd oor die nageslag van Abraham. Daarom moes Hy in alles word soos sy broers, sodat Hy goed kan wees vir hulle en 'n Hoëpriester kan wees wat sy werk goed doen. Sy werk is om te doen wat God wil hê en om die sondes van die volk te versoen. Jesus het self baie swaar gekry, en die duiwel het probeer om Hom te verlei, daarom kan Hy mense help wanneer die duiwel hulle ook wil verlei.