Hebreërs 2:1-4

Hebreërs 2:1-4 ABA

Daarom moet ons baie meer luister na die dinge wat die Seun vir ons kom sê het. Ons moet dit doen sodat ons nie word soos 'n skip wat by die hawe verbydryf nie. Want die boodskap wat die engele vir ons voorouers gebring het, was die waarheid. Daarom het die Here elke mens gestraf wat verkeerd gedoen het en wat nie gedoen het wat Hy gesê het nie. Ons sal ook nie kan vlug wanneer God ons straf omdat ons nie wil hê dat Hy ons moet red nie. God het ons op 'n wonderlike manier gered. Hy het dit in die begin self vir ons vertel, en die mense wat dit gehoor het, het ook vir ons vertel dat die Here ons wil red en dat dit seker is. God het ook saam met die mense getuig toe Hy wondertekens en tekens en baie wonderwerke gedoen het. God het ook getuig toe Hy self die Heilige Gees gegee het vir mense. Hy het besluit wat Hy vir elkeen wil gee.