Daarom, toe Christus in die wêreld gekom het, het Hy gesê: U wou nie 'n offer en 'n present hê nie, U het my liggaam gemaak en U wil my liggaam hê. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offers moet bring nie. Toe het Ek gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê, o God. Dit is oor My geskryf in die boek waarin u wette is.” Christus het eers gesê: U het nie offers en presente en brand-offers en sonde-offers gevra nie, en U wou nie al hierdie offers hê nie. Dit is die wette wat sê dat ons die offers moet bring. Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.” So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek. Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy. En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie. Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God, en in die tyd wat oorbly, wag Christus daar totdat God die vyande van Christus voor Hom sal laat buig en Christus sy voete op hulle sal sit. Want omdat Hy één offer gebring het vir almal, het Hy die mense wat aan God gewy is, heeltemal gereinig. Die Heilige Gees sê ook vir ons dat dit waar is: Die verbond wat Ek later met die Israeliete sal maak, sal só wees, sê die Here: Ek sal my wette op hulle harte skryf en Ek sal dit binne-in hulle gee. Nadat die Heilige Gees hierdie dinge gesê het, het Hy ook gesê: Want Ek sal nie meer dink aan hulle sondes en aan die dinge wat hulle verkeerd gedoen het nie. Wanneer God mense se sondes vergewe, dan moet priesters nie meer sonde-offers bring nie, dit is dan nie nodig nie.
Lees Hebreërs 10
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Hebreërs 10:5-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's