Hebreërs 10:32-35

Hebreërs 10:32-35 ABA

Maar julle moet onthou dat julle baie swaar gekry het in daardie tyd toe julle gelowiges geword het, maar julle het aangehou om in Christus te glo. Party maal het mense slegte dinge gesê van julle en hulle het vir julle gespot en vir julle laat swaarkry, maar ander dae het julle swaargekry omdat julle vriende was met mense wat ook so swaar gekry het. Want julle was ook jammer vir die gevangenes. En toe mense julle goed gevat het, het julle dit aanvaar en julle het nie opgehou om bly te wees nie. Julle het dit gedoen omdat julle geweet het dat God vir julle iets gegee het wat beter is, en julle sal dit altyd hê. Daarom moet julle aanhou om in Christus te glo en julle moenie bang wees nie. As julle aanhou glo, dan gee God vir julle 'n groot beloning.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hebreërs 10:32-35

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid