Daarom, vriende, omdat Jesus vir ons gesterf het, mag ons na God toe gaan in die gewyde tempel. Jesus het vir ons 'n nuwe pad oopgemaak na God toe, dit is 'n pad wat vir ons bring na die ware lewe by God omdat Jesus deur die gordyn ingegaan het in die hoog-gewyde kamer. Hy het dit gedoen toe Hy self gesterf het. En Jesus is nou ons Groot Hoëpriester, Hy sorg vir almal wat aan God behoort. Daarom moet ons aanhou om na God toe te gaan, ons moet net vir Hom dien en ons moet baie seker wees dat die dinge wat ons glo, waar is. Ons het voorheen nie geweet wat is reg en wat is verkeerd nie, maar Jesus het ons rein gemaak soos wanneer die priesters die bloed van bokke en bulle gespat het op onrein mense, en daarna was hulle rein. Daarom is ons ook nou soos mense wat ons liggame met skoon water gewas het. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo en te sê wat ons hoop, ons moenie daaroor twyfel nie. Ons kan baie seker wees daarvan omdat God dit belowe het, en Hy sal doen wat Hy belowe het. Ons moet ook so vir mekaar sorg dat dit vir mense sal help om lief te wees vir ander mense en om goeie dinge vir hulle te doen.
Lees Hebreërs 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 10:19-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's