Genesis 6:1-4

Genesis 6:1-4 ABA

Die mense op die aarde het baie geword. Hulle het ook dogters gehad, en die engele het na die dogters gekyk, want hulle was mooi. Hulle het party dogters gekies en met hulle getrou. Toe sê die Here: “Ek sal nie meer die mense so lank laat lewe nie. Hulle is mense en hulle sal sterf. Die mense sal van nou af nie ouer as 120 jaar word nie.” In daardie tyd en ook daarna was daar reuse op die aarde. Die reuse was die kinders van die engele wat met die mense se dogters getrou het. Die reuse was die sterk manne van daardie tyd, almal het geweet van hulle.