Genesis 45:4-9

Genesis 45:4-9 ABA

Toe sê Josef vir sy broers: “Kom asseblief nader na my toe.” Hulle het nader gekom, en hy het vir hulle gesê: “Ek is julle broer Josef, julle het my verkoop, en die mense wat my gekoop het, het my na Egipte gebring. Julle moenie sleg voel en vir julleself kwaad wees omdat julle my verkoop het nie. God het my gestuur om voor julle hiernatoe te kom sodat ek mense se lewens kan red. Dit is nou die tweede jaar dat daar hongersnood in die land is. Dit sal nog vyf jaar lank so droog wees dat die mense nie sal kan ploeg en plant nie. God het my vóór julle gestuur om julle te help sodat daar van julle mense in die land kan aanhou lewe en sodat ek baie mense kan red. Dit was nie júlle wat my hiernatoe laat kom het nie, dit was Gód. Hy het my gekies om vir die farao te sê wat hy moet doen. Ek is ook die hoof van die farao se hele huis, en die hoof oor die hele Egipte. “Gaan nou dadelik na Pa toe en sê vir hom sy seun Josef sê: ‘God het my die hoof oor die hele Egipte gemaak. Pa moet na my toe kom, moenie wag nie.