Josef het die koring in die stoorkamers gebêre. Dit was baie, so baie soos die sand van die see. Hy het later opgehou om alles te weeg, want dit was te veel. Josef en sy vrou Asenat het twee seuns gehad. Hulle is gebore vóór die tyd toe daar hongersnood was. Asenat was die dogter van Poti-Fera, die priester van On. Josef het sy oudste seun Manasse genoem. Hy het gesê: “God het my gehelp om te vergeet dat ek swaargekry het, en ook om te vergeet van my familie.” Josef het sy tweede seun Efraim genoem. Hy het gesê: “God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek baie swaar gekry het.”
Lees Genesis 41
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 41:49-52
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's