Die farao het vir Josef gesê: “God het alles vir jou geleer, en daar is niemand wat so slim is soos jy nie. Jy sal die hoof van die land wees. Al my mense moet luister na jou en hulle moet doen wat jy sê. Net ek sal belangriker wees as jy, omdat ek die farao is. Ek maak jou die hoof oor die hele Egipte.” Die farao haal toe sy ring af en hy sit dit aan Josef se vinger. Hy het vir Josef linne-klere gegee om aan te trek en hy het 'n goue ketting om sy nek gehang. Hy het vir Josef op sy tweede beste oorlogkar laat ry, en die mense het geskree: “Julle moet buig voor Josef!” So het die farao vir Josef die hoof gemaak oor die hele Egipte. Die farao het vir Josef gesê: “Ek is die farao, maar almal in Egipte moet luister na jou, niemand mag iets doen as jy dit nie sê nie.” Die farao het vir Josef 'n ander naam gegee. Hy het hom Safenat-Paneag genoem en hy het vir Josef 'n vrou gegee. Haar naam was Asenat en sy was die dogter van Poti-Fera, die priester van die stad On. Josef was 30 jaar oud toe hy begin werk het by die farao, die koning van Egipte. Nadat die farao met hom gepraat het, het Josef deur die hele Egipte gery.
Lees Genesis 41
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Genesis 41:39-46
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's