Ragel kon nie kinders kry vir Jakob nie, en sy het jaloers geword op haar suster Lea. Ragel sê toe vir Jakob: “Gee vir my kinders, anders sterf ek.” Toe word Jakob kwaad vir Ragel en hy sê: “Ek is nie God nie. Dit is Hy wat wil hê jy moenie kinders kry nie.” Ragel sê toe vir Jakob: “Neem my slavin Bilha en gaan slaap by haar. Die kind wat sy dan kry, sal myne wees. So kan my nageslag uit haar kom.” Sy gee toe haar slavin Bilha vir Jakob, en hy het seks gehad met Bilha. Bilha het swanger geword en sy het 'n seun gekry vir Jakob. Toe sê Ragel: “God het reg gedoen aan my. Hy het geluister na my gebed en Hy het vir my 'n seun gegee.” Sy het hom Dan genoem. Ragel se slavin Bilha het weer swanger geword en sy het nog 'n seun vir Jakob gekry. Toe sê Ragel: “Ek en my suster wou altwee wen, maar ek het haar gewen.” Daarom het sy haar seun Naftali genoem. Lea kon nie meer kinders kry nie. Sy neem toe haar slavin Silpa en sy gee haar vir Jakob om sy vrou te wees. Lea se slavin Silpa het 'n seun gekry vir Jakob, en Lea het gesê: “Ek is gelukkig.” Daarom het sy hom Gad genoem. Toe kry Lea se slavin nog 'n seun vir Jakob, en Lea sê: “Ek is gelukkig. Die vroue sal sê ek is baie gelukkig.” Daarom het sy haar seun Aser genoem. Dit was die tyd om koring af te sny. Ruben het liefdes-appels in die veld gekry en hy het dit vir sy ma Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: “Gee asseblief vir my van jou seun se liefdes-appels.” Maar Lea het haar geantwoord: “Jy het al klaar my man gevat. Nou wil jy ook my seun se liefdes-appels vat!” Toe sê Ragel: “As jy vir my van jou seun se liefdes-appels gee, dan mag Jakob vannag by jou slaap.” Toe Jakob daardie aand uit die veld kom, het Lea na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Jy moet vanaand by my kom slaap, want ek het daarvoor betaal met my seun se liefdes-appels.” Jakob het toe daardie nag seks gehad met Lea. Die Here het geluister na Lea se gebed, en sy het weer swanger geword. Sy het 'n vyfde seun vir Jakob gekry. Toe sê Lea: “God was goed vir my. Hy het my beloon omdat ek my slavin vir my man gegee het om 'n kind te kry.” Sy het die seun Issaskar genoem. Lea het weer swanger geword en sy het 'n sesde seun vir Jakob gekry. Toe sê Lea: “God het vir my 'n groot present gegee. Nou sal my man by my bly en hy sal onthou dat ek sy vrou is, want ek en hy het ses seuns gekry.” Sy het haar seun toe Sebulon genoem.
Lees Genesis 30
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 30:1-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's