Genesis 22:6-14

Genesis 22:6-14 ABA

Abraham het die hout vir die brand-offer geneem en hy het dit op sy seun Isak gesit. Hy het self die kole vuur en die mes geneem, en hulle twee het saam geloop. Isak sê toe vir sy pa Abraham: “Pa?” En Abraham antwoord: “Hier is ek, my seun.” Isak vra toe: “Hier is die vuur en die hout, maar waar is die skaap vir die brand-offer?” En Abraham sê: “My seun, God sal self die skaap vir die brand-offer gee.” Hulle twee het saam verder geloop. Toe hulle by die plek kom wat God vir Abraham gesê het, het Abraham daar 'n altaar gebou en hy het die hout uitgepak. Hy het sy seun Isak vasgebind en hom op die altaar gesit, bo-op die hout. Abraham steek toe sy hand uit en neem die mes om sy seun dood te maak, maar toe roep die Engel van die Here uit die hemel vir hom en sê: “Abraham! Abraham!” En hy antwoord: “Hier is ek!” Toe sê God: “Moenie aan jou seun raak of iets aan hom doen nie, want nou weet Ek dat jy My wil dien. Jy het nie geweier om jou enigste seun vir My te offer nie.” Toe Abraham rondkyk, sien hy 'n skaap-ram. Die ram se horings was vas in 'n bos. Abraham het gegaan en hy het die ram gevat en hy het die ram in sy seun se plek ge-offer. Abraham noem toe die plek “Die Here gee wat jy nodig het.” Die mense sê vandag nog: “Die Here sal op sy berg gee wat jy nodig het.”

Video vir Genesis 22:6-14