Genesis 22:1-5

Genesis 22:1-5 ABA

Daarna het God vir Abraham getoets. Hy het vir Abraham gesê: “Abraham!” En Abraham het geantwoord: “Hier is ek!” Toe sê God: “Neem jou seun, jou enigste seun vir wie jy lief is, neem vir Isak en gaan na Moria-land. Jy moet jou seun daar vir My offer. Hy moet die brand-offer wees. Jy moet hom offer op een van die berge wat Ek vir jou sal wys.” Die volgende oggend vroeg het Abraham sy donkie opgesaal. Hy het twee van sy slawe en sy seun Isak saamgeneem. Hy het hout gekap vir die brand-offer, en hy het na die plek gegaan wat God vir hom gesê het. Op die derde dag het Abraham die plek ver weg gesien. Toe sê Abraham vir sy slawe: “Bly hier by die donkie. Ek en my seun gaan daarnatoe. As ons klaar die Here aanbid het, dan sal ons terugkom na julle toe.”

Video vir Genesis 22:1-5

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 22:1-5