Genesis 2:8-16

Genesis 2:8-16 ABA

Die Here God het bome geplant in 'n tuin in Eden in die ooste. Hy het die mens wat Hy gemaak het, daar laat woon. Die Here God het verskillende soorte bome uit die grond laat groei. Dit was mooi bome wat lekker vrugte gedra het. In die middel van die tuin was die boom wat lewe gee, en ook die boom wat vir mense die kennis kan gee sodat hulle sal weet wat goed is en wat sleg is. Daar het 'n rivier uit Eden gekom om die tuin nat te maak. Die rivier het verdeel en dit het vier riviere geword. Die naam van die een rivier was Pison. Hierdie rivier het om die hele Gawila-land gevloei. Daar was goud en die goud was goed. Daar was ook balsem en oniks. Die naam van die tweede rivier was Gihon. Dit het om die hele land Kus gevloei. Die naam van die derde rivier was Tigris. Dit het oos van die land Assirië gevloei. Die naam van die vierde rivier was Eufraat. Die Here God het die mens in die Eden-tuin laat woon om daarin te werk en dit op te pas. Die Here God het vir die mens gesê: “Jy mag van al die vrugte in die tuin eet

Video vir Genesis 2:8-16