Genesis 2:18-22

Genesis 2:18-22 ABA

Die Here God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n maat maak wat hom kan help.” Die Here God neem toe grond en Hy maak al die diere op die land en al die voëls. Toe bring Hy al die diere en die voëls na die mens toe. Die Here God wou weet watter name die mens vir die diere sou gee. So het die diere hulle name gekry. Die mens het name gegee vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself kon hy nie 'n maat kry om hom te help nie. Die Here God het toe die mens vas laat slaap. Hy het 'n rib uit die mens se bors gehaal, en Hy het die plek weer toegemaak waar Hy dit uitgehaal het. Daarna het die Here God 'n vrou gemaak van die man se rib en Hy het haar na die mens toe gebring.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid