Genesis 2:10-14

Genesis 2:10-14 ABA

Daar het 'n rivier uit Eden gekom om die tuin nat te maak. Die rivier het verdeel en dit het vier riviere geword. Die naam van die een rivier was Pison. Hierdie rivier het om die hele Gawila-land gevloei. Daar was goud en die goud was goed. Daar was ook balsem en oniks. Die naam van die tweede rivier was Gihon. Dit het om die hele land Kus gevloei. Die naam van die derde rivier was Tigris. Dit het oos van die land Assirië gevloei. Die naam van die vierde rivier was Eufraat.