Genesis 18:9-15

Genesis 18:9-15 ABA

Hulle vra toe vir hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Sy is hier in die tent.” Toe sê die Here: “Ek sal volgende jaar dieselfde tyd terugkom na jou toe. Dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. Dit is seker.” Sara was agter Abraham by die tent se deur en sy het dit gehoor. Abraham en Sara was altwee baie oud, en Sara was al te oud om kinders te kry. Sara het stilletjies gelag en gedink: Kan ek nou nog lus wees om by 'n man te slaap? Nee, ek is te oud en my man ook. Die Here vra toe vir Abraham: “Hoekom het Sara gelag en gedink sy kan nie meer 'n kind kry nie? Is daar iets wat te moeilik is vir die Here? Volgende jaar dieselfde tyd kom Ek terug na jou toe. Sara sal dan 'n seun hê.” Sara was bang. Sy het gestry en gesê: “Ek het nie gelag nie.” Maar die Here het gesê: “Dit is nie waar nie, jy hét gelag.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 18:9-15