Genesis 1:29-31

Genesis 1:29-31 ABA

God het gesê: “Ek gee nou vir julle al die plante wat saad dra op die hele aarde, en al die bome wat vrugte en saad dra. Dit is die kos wat julle mag eet. Die gras en die groen plante is kos vir al die wilde diere, vir die voëls en al die ander diere wat op die aarde lewe.” Dit het gebeur. God het toe gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die sesde dag.

Video vir Genesis 1:29-31