Ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle vir julle laat besny, dan help dit nie dat julle in Christus glo nie. Ek sê weer reguit vir julle: Elkeen wat hom laat besny, moet dan alles doen wat al die wette sê. Julle wat dink God sal julle vryspreek omdat julle doen wat die wette sê, julle is nie meer by Christus nie. Julle het God se genade verloor. Maar ons hoop en ons weet God sal ons vryspreek omdat ons die Heilige Gees het en in Christus glo. As ons aan Christus Jesus behoort, dan maak dit nie saak of ons besny is of nie besny is nie. Wat is belangrik? Dit is belangrik dat ons moet glo en dat ons lief moet wees vir God en vir ander mense. Julle het voorheen gedoen wat God wil hê, maar nou keer iemand vir julle en julle doen nie meer daardie dinge nie, die dinge wat mense doen wat die waarheid ken. Dit is nie God wat vir julle keer nie. God het julle geroep, en julle is nou sy kinders. Julle moet onthou 'n klein bietjie suurdeeg laat al die deeg rys. Ek is seker julle sal dink soos ek dink, want julle behoort aan die Here. Maar God sal die man straf wat julle koppe deurmekaar maak. Dit maak nie saak wie daardie man is nie. Vriende, daar is mense wat sê ek preek en sê gelowiges moet hulle laat besny, maar dit is nie waar nie. Ek het vir gelowiges gesê hulle moet hulle nie laat besny nie, dit is hoekom party mense my laat swaarkry. Want as ek vir gelowiges gesê het hulle moet hulle laat besny, dan was my boodskap oor die kruis van Christus nie vir party mense 'n probleem nie. Ek wens al die mense daar by julle wat julle koppe deurmekaar maak en wat sê julle moet besny word, sny hulle eie geslagsorgane heeltemal af.
Lees Galasiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 5:2-12
7 Days
Kids feel more pressure now than ever before, feeling the constant need to accomplish and prove themselves. Anxiety is hitting kids at very young ages, and we want to help parents embed this biblical truth in their hearts: Christ’s love and acceptance allow us to live a life of joy and freedom. This devotional is based on the kids book, The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness.
28 Days
This reading guide was created by NewSpring staff and volunteers to help you on your financial journey. Read one devotional each day and spend time with God using the Scripture, questions and prayers provided. Need help putting God first in your finances? Download free monthly and/or weekly budget forms, watch sermons, and be encouraged by success stories at www.newspring.cc/financialplanning
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's