Esegiël 1:4-9

Esegiël 1:4-9 ABA

Ek het gekyk en ek het gesien daar kom 'n stormwind uit die noorde. Daar was 'n groot wolk, en rondom die wolk het vuur gebrand en die vuur het helder geskyn. Daar was iets in die vuur wat geblink het en wat soos metaal geskyn het. Vier diere het uit die blink metaal gekom, en dit is hoe hulle gelyk het: Hulle was soos mense, maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad. Hulle bene was reguit en hulle voete was soos brons wat iemand blink gevryf het. Hulle voete het gelyk soos 'n bees se pote. Onder elkeen se vier vlerke, langs die vier kante, was hande, dit het gelyk soos 'n mens se hande. Die vier diere het almal gesigte en vlerke gehad. Elke dier se vlerke het geraak aan die vlerke van die dier langs hom. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg het nie. Elke dier het reguit vorentoe beweeg.