Eksodus 33:12-16

Eksodus 33:12-16 ABA

Moses het vir die Here gesê: “U sê vir my ek moet die volk wegneem, maar U sê nie vir my wie U saam met my sal stuur nie. U het gesê: ‘Ek ken jou, Ek is tevrede met jou.’ Daarom vra ek nou, as U regtig tevrede is met my, sê vir my wat U wil doen, sodat ek U ook kan ken, en kan weet U is tevrede met my. Onthou, hierdie volk is u eie volk.” Die Here het gevra: “Moet Ek self saamgaan en jou na die land bring?” Moses het vir Hom gesê: “As U nie self met ons saamgaan nie, dan moet U ons nie laat weggaan van hier nie. Hoe sal ons weet dat U tevrede is met ons, met my en met u volk, as U nie met ons saamgaan nie? Ek en u volk sal weet ons is anders as al die volke op die aarde as U self saam met ons gaan.”

Video vir Eksodus 33:12-16