Eksodus 30:17-21

Eksodus 30:17-21 ABA

Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n was-skottel maak om in te was en 'n voetstuk van brons. Sit dit neer tussen die tent waar Ek aan julle verskyn en die altaar. Gooi water daarin sodat Aäron en sy seuns hulle hande en voete kan was. Wanneer hulle kom na die tent waar Ek aan julle verskyn, dan moet hulle eers met hierdie water was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet ook was wanneer hulle na die altaar gaan om te werk of om 'n vuur-offer vir My te brand. Hulle moet hulle hande en voete was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet dit altyd doen, hulle en hulle nageslag.”

Video vir Eksodus 30:17-21