Eksodus 19:12-16

Eksodus 19:12-16 ABA

Maar jy moet vir die mense sê tot waar hulle mag gaan. Hulle mag nie teen die berg opgaan of aan sy kant raak nie. As iemand aan die berg raak, dan moet hy sterf. Die ander mense mag nie met hulle hande raak aan iemand wat dit gedoen het nie. Hulle moet hom met klippe doodgooi of met 'n pyl en boog doodskiet. Julle moet dieselfde doen met 'n dier wat aan die berg raak, hy mag ook nie lewe nie. Maar wanneer die mense hoor dat iemand die ramshoring blaas, dan mag hulle opgaan teen die berg.” Moses het afgekom van die berg en hy het na die mense toe gegaan. Hy het hulle gereinig en gesê hulle moet hulle klere was. Hy het vir die mense gesê: “Julle moet oormôre gereed wees, en julle moenie by 'n vrou slaap nie.” Op die derde dag, toe dit oggend word, was daar donderweer en weerlig en 'n donker wolk op die berg. Die Israeliete het gehoor iemand blaas die ramshoring baie hard. Almal in die kamp was baie bang en hulle het gebewe.

Video vir Eksodus 19:12-16