Ester 9:20-22

Ester 9:20-22 ABA

Mordegai het al hierdie dinge opgeskryf, en hy het briewe geskryf vir die Jode in al die provinsies van koning Ahasveros. Hy het geskryf vir die Jode wat naby was en ook vir die Jode wat ver was. Mordegai het gesê hulle moet elke jaar op die 14de en die 15de dag van die maand Adar feesvier. Die Judeërs moet op daardie dae onthou dat hulle al hulle vyande oorwin het. Hulle moet ook onthou dat dit die maand is wanneer hulle hartseer sou gewees het en sou gerou het, maar dit het só verander dat hulle bly kon wees en kon feesvier. Dit was nou dae wanneer hulle vir mekaar kospakkies stuur en vir arm mense presente gee.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Ester 9:20-22

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid