Efesiërs 5:15-20

Efesiërs 5:15-20 ABA

Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie. Julle moet elke minuut reg gebruik, elke minuut wat julle lewe, want dit is nou die tyd wanneer mense slegte dinge doen. Julle moenie dom dinge doen nie, julle moet seker wees dat julle verstaan wat die Here wil hê julle moet doen. Julle moenie wyn drink en dronk word nie, want dan doen julle verkeerde en slegte dinge. Nee, julle moet altyd doen wat die Heilige Gees wil hê julle moet doen. Julle moet sing wanneer julle bymekaar is, julle moet psalms en gesange en ander liedere sing. Julle moet sing en julle moet die Here prys met julle hele hart. Julle behoort aan ons Here Jesus Christus en julle moet altyd vir God ons Vader dankie sê vir alles.