Ek, Paulus, is 'n apostel van Christus Jesus omdat God dit wil hê. Ek skryf hierdie brief vir julle wat in die stad Efese woon, julle wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. Ek bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee. Ons prys die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want God was baie goed vir ons. Ons behoort aan Christus, en die Heilige Gees het vir ons al die goeie dinge gegee wat in die hemel is. God het ons gekies sodat ons aan Christus kan behoort. Ja, God het ons gekies voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy het dit gedoen sodat ons aan Hom sal behoort en reg sal lewe en vol liefde sal wees. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy besluit dat ons sy kinders moet wees. Hy het vir Jesus Christus gestuur sodat ons God se kinders kon word. God wou graag hê ons moet sy kinders wees. God was baie goed vir ons, Hy het sy Seun gestuur, Hy is lief vir sy Seun. Daarom prys ons Hom, die Koning wat goed is vir ons.
Lees Efesiërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Efesiërs 1:1-6
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.
30 Days
Have you ever wondered, “Is it possible to experience joy in all seasons of life?” Carol McLeod believes that God has an enormous joy for you that is within your reach. In this devotional, you will discover how to trust God when life isn’t fair, how to ponder Scripture that transforms your thinking and how to turn disappointment into a heart that rejoices in the middle of uncertainty.
30 dae
Vanuit die pragtige hoogtes van wat God vir sy kinders wil hê, verduidelik die brief aan die Efesiërs hoe om in God se genade, vrede en liefde te wandel. Reis daagliks deur Efesiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
Ephesians is rich with truths about God and his saving work in us. This plan is designed to help you dig deeper into this text, while learning more about God and yourself. The daily six step rhythm will help you to establish a habit of reading and engaging with God’s Word. This plan is brought to you by the Christian Standard Bible (CSB). Learn more at CSBible.com.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's