Prediker 4:10-12

Prediker 4:10-12 ABA

want as een van hulle val, dan kan die ander een hom optel. Maar dit sal sleg gaan met iemand wanneer hy val en daar is niemand om hom op te tel nie. En ook, wanneer twee mense bymekaar lê, dan bly hulle warm, maar as iemand alleen lê, dan sal hy nie warm word nie. Iemand kan een persoon aanval en hom oorwin, maar hy kan nie twee persone oorwin nie. Dit is soos wanneer 'n mens drie toue neem en een dik tou daarvan maak, daardie tou sal nie maklik breek nie.