Aspenas was die hoof van die mense wat in koning Nebukadnesar se huis gewerk het. Die koning het vir Aspenas gesê hy moet 'n paar van die Israeliete se seuns bring om vir hom te werk. Die seuns moet familie wees van die koning van Israel, of hulle moet die seuns van belangrike mense wees. Die seuns moet heeltemal gesond en mooi en slim wees. Hulle moet van alles weet en hulle moet sterk wees, sodat hulle in die koning se huis kan werk. Hulle moet eers leer om die taal van die mense van Babel te praat en te skryf. Hulle moet drie jaar lank leer, en dan moet hulle vir die koning kom werk. In daardie drie jaar moet hulle net van die koning se kos eet en van sy wyn drink. Vier van die seuns was Daniël, Gananja, Misael en Asarja. Hulle het van die land Juda gekom. Aspenas het vir hulle ander name gegee. Hy het vir Daniël genoem Beltsassar, vir Gananja het hy Sadrag genoem, vir Misael het hy Mesag genoem, en vir Asarja het hy Abed-Nego genoem.
Lees Daniël 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Daniël 1:3-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's