Amos 9:13-14

Amos 9:13-14 ABA

Die Here het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer die Israeliete hulle koring moet afsny dadelik nadat hulle geploeg het. Hulle sal wyn moet maak dadelik nadat hulle die wingerde geplant het. Die wyn sal so baie wees dat dit teen die berge en die heuwels sal afloop. Ek sal dit weer goed laat gaan met my volk, die Israeliete. Ek sal die stede wat die vyande afgebreek het, weer bou sodat die Israeliete daar kan woon. Hulle sal wingerde plant en die wyn drink. Hulle sal tuine maak en die vrugte eet.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid