Hy het hierdie deel van die Ou Testament gelees: Hy was soos 'n skaap wanneer iemand dit wil slag, soos 'n skaap-lam wanneer iemand sy wol afskeer. Hy het stilgebly, hy het nie sy mond oopgemaak nie. Hulle het slegte dinge gedoen aan hom, hulle het nie reg gedoen aan hom nie. Hy kan nie 'n nageslag hê nie, want sy lewe op die aarde is verby. Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Ek vra mooi vir jou, oor wie praat die profeet so? Praat hy oor homself of oor iemand anders?” Toe begin Filippus om die goeie boodskap oor Jesus vir die man te verduidelik. Hy het begin by hierdie deel van die Ou Testament.
Lees Handelinge 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Handelinge 8:32-35
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's