Handelinge 16:16-18

Handelinge 16:16-18 ABA

Ons was eendag besig om na die plek te gaan waar die Jode gewoonlik gaan bid het. 'n Slavin het na ons toe gekom. Sy het 'n bose gees in haar gehad. Sy het altyd gesê wat in die toekoms sal gebeur, en so het sy baie geld gekry vir haar eienaars. Hierdie slavin het agter Paulus en ons geloop en sy het aangehou om te skree: “Hierdie manne is dienaars van die Hoogste God. Hulle vertel vir julle hoe God vir julle kan red.” En sy het 'n lang tyd aangehou om dit te doen. Toe het Paulus kwaad geword, hy het omgedraai en vir die bose gees gesê: “Jesus Christus het vir my gesê ek moet vir jou sê: Gaan uit haar uit!” Die bose gees het dadelik uit haar uitgegaan.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 16:16-18