Christus Jesus kom weer. Hy sal vir almal wys dat Hy Koning is en Hy sal die mense oordeel, die mense wat nog lewe en die mense wat klaar gesterf het. Daarom sê ek vir jou, en God en Christus Jesus hoor wat ek vir jou sê: Jy moet die boodskap vir mense bring, jy moet aanhou om dit te doen, wanneer mense dit wil hoor en ook wanneer hulle dit nie wil hoor nie. Jy moet vir hulle sê wat hulle verkeerd doen, jy moet kwaai praat met hulle wanneer hulle verkeerde dinge doen, jy moet vir hulle sê hulle moenie moedeloos word nie, jy moet baie geduldig wees en vir hulle leer. Want die tyd sal kom wanneer mense nie sal wil luister wanneer iemand vir hulle die regte dinge leer nie. Nee, hulle sal net die dinge wil hoor wat hulle wil hoor. Daarom sal hulle baie mense kies wat vir hulle leer soos húlle dit wil hê. Dan sal hulle nie meer luister na die waarheid nie, hulle sal luister na stories wat nie waar is nie. Maar jy, Timoteus, jy moet altyd goed dink wat jy doen, jy moet aanhou, ook wanneer dit sleg gaan met jou. Dit is jou werk om die goeie boodskap vir mense te bring, en jy moet dit doen, jy moet al die werk klaarmaak wat die Here vir jou gegee het.
Lees 2 Timoteus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 4:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's