2 Timoteus 3:13-16

2 Timoteus 3:13-16 ABA

en mense wat sleg is en wat ander mense bedrieg, sal nog slegter word. Hulle sal ander mense verlei, en ander mense sal húlle verlei. Maar jy, Timoteus, jy moet aanhou om die dinge te glo wat jy geleer het, dinge wat jy weet is waar, want jy weet wie dit vir jou geleer het. Jy ken die Ou Testament vandat jy 'n kind was en jy het daaruit geleer dat die Here 'n mens red as hy in Christus Jesus glo. Die hele Ou Testament kom van God, en 'n mens kan dit gebruik om vir mense te leer, om hulle te waarsku, om vir hulle te sê dat hulle verkeerd doen en dat hulle reg moet lewe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Timoteus 3:13-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid