2 Konings 6:1-7

2 Konings 6:1-7 ABA

Die profete het vir Elisa gesê: “Kyk, die plek waar jy vir ons leer, is te klein vir ons. Laat ons asseblief na die Jordaan-rivier gaan. Ons kan daar pale afkap, sodat ons die plek groter kan maak waar ons moet sit.” Elisa het gesê dit is goed, en toe sê een van die profete vir Elisa: “Jy moet asseblief saam met ons gaan.” Elisa het gesê dit is goed, hy sal saamgaan. Hy het toe saamgegaan, en hulle het by die Jordaan-rivier gekom en begin bome afkap. Terwyl een van die profete besig was om 'n groot boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy het geskree en gesê: “Ag, Meneer, dit is 'n byl wat ek geleen het.” Die man van God het vir hom gevra: “Waar het die byl in die water geval?” Die profeet het vir Elisa die plek gewys. Elisa het 'n stuk hout afgekap en hy het dit daar in die water gegooi. En toe dryf die byl op die water. Elisa het gesê: “Haal die byl uit.” Die profeet het sy hand uitgesteek en hy het die byl geneem.