1 Tessalonisense 5:8-11

1 Tessalonisense 5:8-11 ABA

Maar ons wat hou van die dag, ons moenie soos dronk mense wees nie. Ons moet die oorlogklere aantrek wat God vir ons gee: Hierdie klere is 'n harnas en 'n helm. Die harnas help ons om aan te hou glo en om lief te wees vir ander mense. Die helm help ons om aan te hou hoop dat God ons sal red wanneer die Here Jesus Christus weer kom. God wil ons nie straf wanneer die Here Jesus Christus weer kom nie. God wil iets anders vir ons gee, Hy wil hê dat die Here Jesus Christus ons moet red. Dit maak nie saak of ons nog lewe en of ons al klaar dood is wanneer Hy weer kom nie. Hy het gesterf om ons te red, daarom sal ons ook saam met Hom lewe. Daarom moet julle mekaar help om nie moedeloos te word nie en om sterk te wees, soos julle al klaar doen.