1 Tessalonisense 4:9-12

1 Tessalonisense 4:9-12 ABA

Dit is nie nodig dat óns vir julle skryf dat julle lief moet wees vir mekaar nie, want God self het vir julle geleer dat julle lief moet wees vir mekaar. Ons weet julle is lief vir al die gelowiges in die hele provinsie Masedonië. Maar, vriende, ons vra weer baie mooi, julle moet dit nog beter doen. Julle moet ook probeer om stil en rustig te lewe. Julle moenie nuuskierig wees oor ander mense nie. En julle moet self hard werk, soos ons gesê het julle moet doen. Dan sal die mense buite die gemeente, die mense wat nie in Christus glo nie, julle respekteer. En julle sal ook alles kry wat julle nodig het.