1 Samuel 17:32-37

1 Samuel 17:32-37 ABA

Dawid het vir Saul gesê: “Niemand moet bang wees vir hierdie Filistyn nie. Ek sal teen hom gaan veg.” Saul het vir Dawid gesê: “Jy kan nie teen hom gaan veg nie, want jy is 'n kind en hy is 'n man wat oorlog maak vandat hy jonk was.” Dawid het vir Saul gesê: “Ek was 'n wagter by my pa se skape en bokke, en wanneer 'n leeu of 'n beer gekom het en een van die skape weggedra het, dan het ek hom gejaag en hom geslaan en die skaap uit sy bek geruk. En wanneer hy my wou byt, dan het ek hom aan sy baard gegryp en hom doodgeslaan. Ek het leeus én bere oorwin, en hierdie Filistyn, hierdie heiden, sal soos een van hulle wees, want hy het gesê die manne van die God wat lewe, beteken niks.” Dawid het gesê: “Die Here wat my gered het van leeus en bere, dit is Hy wat my sal red van hierdie Filistyn.” Saul het vir Dawid gesê: “Goed, jy mag gaan. Ek bid dat die Here jou sal help.”