Want as julle geduldig is wanneer mense julle slaan omdat julle sonde doen, dan sal die mense julle nie prys nie, dit is seker. Maar as julle geduldig is wanneer julle swaarkry omdat julle goeie dinge doen, dan sal God goed wees vir julle. God het vir julle gekies om goeie dinge te doen en om swaar te kry, want Christus het ook swaargekry vir julle. So het Hy vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle Hom kan volg. Hy het nie sonde gedoen nie, en Hy het niemand bedrieg nie. Toe mense vir Christus beledig het, het Hy nie ook vir hulle beledig nie. Toe mense vir Hom laat swaarkry het, het Hy nie gesê dat Hy ook vir hulle sal laat swaarkry nie. Hy het hulle gelos sodat God reg kan oordeel oor hulle. Toe Hy aan die kruis gehang het, het Hy die straf vir ons sondes gedra, sodat ons glad nie meer sondes sal doen nie, maar sodat ons kan lewe om te doen wat God wil hê. Hy het seergekry sodat julle gesond kan wees. Want julle was soos skape, julle elkeen het geloop waar hy wou loop, maar nou het julle teruggekom na Christus toe. Hy is die Herder, die Een wat vir julle sorg.
Lees 1 Petrus 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Petrus 2:20-25
5 Days
Repentance is one of the key actions we all take in coming to know Christ as our personal Savior. Repentance is our action and forgiveness is God's reaction to us out of His perfect love for us. During this 5-day reading plan, you will receive a daily Bible reading and a brief devotional designed to help you better understand the importance of repentance in our walk with Christ. For more content, check out www.finds.life.church
6 Days
There’s someone strong, wild, and full of courage inside ready to get up and fight for what matters. This Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, Warrior, will call you to find purpose, defy hesitation, heal from wounds, fight addiction, and rise up a champion.
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's