1 Petrus 2:1-8

1 Petrus 2:1-8 ABA

Daarom moet julle ophou om enige iets te doen wat sleg is en julle moenie iemand bedrieg nie. Julle moet ook nie skynheilig en jaloers wees en slegte dinge sê van ander mense nie. Klein babatjies wil baie graag melk drink, so moet julle ook graag vol wil word van geestelike dinge. Dit is soos regte melk wat nie vals is nie en wat julle só sal laat groei dat die Here julle sal red. Julle verlang na hierdie dinge, want julle het self gevoel dat die Here goed is. Julle moet na Christus toe kom, Hy is soos 'n klip wat lewe. Die mense wou nie die klip gebruik om te bou nie, maar God het daardie klip gekies en dit was die belangrikste klip in die gebou. Julle is ook soos klippe wat lewe, julle moet bid dat God sy Gees sal gebruik om sy huis te bou met julle. Dan kan julle gewyde priesters wees om offers vir God te bring. Dit is Jesus Christus wat vir julle help om te offer soos die Gees wil hê, sodat God van hierdie offers sal hou. Want ons lees in die Ou Testament: Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer, dit is 'n hoek-klip wat Ek gekies het en wat baie kosbaar is. Die mense wat in Hom glo, sal veilig wees. Daarom, julle wat in Jesus Christus glo, sal ook vir Hom baie kosbaar wees. Maar daar is mense wat nie in Hom glo nie. Vir hulle is dit waar wat in die Ou Testament geskryf is: Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die gebou geword. Daar is ook geskryf

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Petrus 2:1-8