1 Konings 18:42-44

1 Konings 18:42-44 ABA

Agab het gaan eet, en Elia het tot bo-op Karmel-berg geklim. Daar het hy gebuig tot teen die grond en hy het sy kop tussen sy knieë gesit. Hy het vir die jongman by hom gesê: “Gaan asseblief op en gaan kyk na die see.” Die jongman het hoër opgegaan en gekyk en gesê: “Daar is niks.” Elia het gesê die jongman moet weer gaan kyk, sewe maal. En toe die jongman dit die sewende maal gedoen het, het hy kom sê: “Daar kom 'n klein wolkie op uit die see, die wolkie is so groot soos 'n man se hand.” Toe sê Elia: “Gaan sê vir Agab hy moet sy perde inspan en afgaan. As hy dit nie doen nie, dan sal die reën hom keer en hy sal nie kan wegkom nie.”