Daarna het die Here vir Elia gesê: “Jy moet hier weggaan. Gaan oos, oor die Jordaan-rivier, en gaan kruip weg in die Krit-vallei. Jy kan water drink uit die stroom in die vallei, en Ek het vir die kraaie gesê hulle moet vir jou kos bring.” Elia het gegaan en hy het gedoen wat die Here vir hom gesê het. Hy het in die Krit-vallei anderkant die Jordaan-rivier gaan bly. Die kraaie het elke oggend en elke aand brood en vleis vir hom gebring, en hy het water uit die stroom in die vallei gedrink.
Lees 1 Konings 17
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Konings 17:2-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's