1 Johannes 5:6-12

1 Johannes 5:6-12 ABA

Ons weet dat Jesus Christus die Seun van God is, want Hy is gedoop en Hy het vir ons sonde gesterf. Ja, Hy is nie net gedoop nie, Hy het ook vir ons sonde gesterf. Ons weet dit omdat die Heilige Gees dit vir ons gesê het, die Gees wat altyd die waarheid praat. Daarom is daar drie wat sê dit is die waarheid: die Heilige Gees, Jesus se doop en Jesus se dood. Al drie sê dieselfde oor Jesus. Ons glo wat mense vir ons sê. Maar wat God vir ons sê, is baie belangriker, en dit is God wat vir ons vertel het van sy Seun. Almal wat glo in die Seun van God, glo wat God vir hulle gesê het oor Jesus. Maar almal wat nie vir God glo nie, sê dat God lieg, want hulle glo nie wat Hy oor sy Seun gesê het nie. God het vir ons gesê dat Hy vir ons die ewige lewe gee. Ja, sy Seun gee vir ons die ewige lewe. Almal wat in die Seun glo, het die ewige lewe, maar almal wat nie in die Seun glo nie, het nie die ewige lewe nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Johannes 5:6-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid