Toe julle begin het om in Jesus te glo, het julle gehoor dat julle lief moet wees vir mekaar. Julle moenie soos Kain wees nie. Hy was 'n kind van die duiwel en hy het sy broer vermoor. Hoekom het hy sy broer vermoor? Hy het dit gedoen omdat hý slegte dinge gedoen het, maar sy broer het gedoen wat God wil hê. Vriende, wanneer die mense van die wêreld vir julle haat, dan moet julle nie verbaas wees nie. Ons weet dat ons nie meer geestelik dood is nie, ons lewe. Ons weet dit omdat ons lief is vir die ander gelowiges. Mense wat nie lief is vir ander gelowiges nie, is nog geestelik dood. Mense wat ander gelowiges haat, is moordenaars, en julle weet dat moordenaars nie die ewige lewe het nie. Jesus het vir ons gewys wat liefde is, want Hy het gesterf sodat ons kan lewe. En so moet ons ook sterf sodat die ander gelowiges kan lewe. Mense wat baie goed het, sien miskien dat 'n ander gelowige iets nodig het, maar hulle is nie jammer vir hom nie en hulle wil hom nie help nie. Daardie mense wys dat hulle nie lief is vir God nie.
Lees 1 Johannes 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Johannes 3:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's